Tru-osmose

'n Halfdeurlatende membraan

Tru-osmose is 'n filtrasieproses wat gebruik word om water te suiwer. Dit behels die toepassing van 'n hoë druk om 'n oplossing deur 'n halfdeurlaatbare membraan te dwing en sodoende die opgeloste stof aan die een kant te hou en die suiwer oplosmiddel deur te laat na die ander kant van die membraan. Dit is dus basies die omgekeerde van wat gebeur met gewone osmose, waar die natuurlike neiging van die oplosmiddel is om deur 'n membraan van die laer konsentrasie na die hoër konsentrasie te beweeg wanneer daar geen druk toegepas word nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search